1 In die jaar van koning `Uziyahu se dood het ek יהוה sien sit op ’n hoë en verhewe troon terwyl die sleep van Sy kleed die tempel vul.
2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen met ses vlerke: met twee het hy sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee het hy gevlieg.
3 Een het na ’n ander geroep en gesê: “Afgesonderd, afgesonderd, afgesonderd is יהוה-Tzva’ot. Die hele aarde is vol van Sy lof, eer en aanbidding!”
4 Die fondasies van die drumpels het gebewe deur die stem van hom wat uitgeroep het terwyl die tempel vol rook geword het.
5 Toe het ek gesê: “Wee my, ek is vernietig, want ek is ’n man van onrein lippe en ek woon onder ’n volk van onrein lippe, want my oë het die Koning, יהוה-Tzva’ot, gesien!”
6 Toe het een van die serafs na my toe gevlieg met ’n brandende kool in sy hand, wat hy met ’n tang van die altaar afgehaal het.