2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen met ses vlerke: met twee het hy sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee het hy gevlieg.
3 Een het na ’n ander geroep en gesê: “Afgesonderd, afgesonderd, afgesonderd is יהוה-Tzva’ot. Die hele aarde is vol van Sy lof, eer en aanbidding!”
4 Die fondasies van die drumpels het gebewe deur die stem van hom wat uitgeroep het terwyl die tempel vol rook geword het.
5 Toe het ek gesê: “Wee my, ek is vernietig, want ek is ’n man van onrein lippe en ek woon onder ’n volk van onrein lippe, want my oë het die Koning, יהוה-Tzva’ot, gesien!”
6 Toe het een van die serafs na my toe gevlieg met ’n brandende kool in sy hand, wat hy met ’n tang van die altaar afgehaal het.
7 Hy het my mond aangeraak en gesê: “Let op, dit het jou lippe aangeraak en jou wetsoortreding is weggevat en jou sonde is vergewe.”
8 Toe hoor ek die stem van יהוה sê: “Wie sal Ek stuur en wie sal vir Ons gaan?” Toe antwoord ek: “Hier is ek, stuur my.”Deut 29:3,4; Yes 29:10; Yeg 12:2; Mar 4:10-12; Luk 8:10; Hand 28:26,27; Rom 11:8