8 Toe hoor ek die stem van יהוה sê: “Wie sal Ek stuur en wie sal vir Ons gaan?” Toe antwoord ek: “Hier is ek, stuur my.”Deut 29:3,4; Yes 29:10; Yeg 12:2; Mar 4:10-12; Luk 8:10; Hand 28:26,27; Rom 11:8
9 Hy het gesê: “Gaan en sê vir hierdie volk: ‘Hou aan luister, maar begryp nie; hou aan kyk, maar verstaan nie.
10 Die verstand, wil en emosie van hierdie volk het onsensitief geword, hulle ore dig en hulle oë dof sodat hulle nie met hul oë kan sien of met hulle ore kan hoor of met hul verstand, wil en emosie kan verstaan en terugdraai nie en ook word hulle nie vrygespreek nie.”
11 Toe vra ek: “ יהוה hoe lank?” Hy antwoord: “Totdat die stede verwoes lê sonder inwoners, die huise sonder mense en die land heeltemal verlate is
12 en יהוה die mense ver verwyder het en die verlate plekke in die land baie is.
13 Tog sal daar ’n tiende deel daarin oorbly en dit sal weer onderwerp wees aan verbranding, soos ’n terpentynboom of ’n eikeboom, wat ’n stomp oorhou wanneer dit afgekap word. Die afgesonderde saad is sy oorsprong.”2 Kon 16:5-20; 2 Kro 28:5-27