1 “Staan op, skyn, want jou Lig het gekom en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het oor jou opgekom,
2 want let op, duisternis sal die aarde oordek en ’n diepe donkerheid die volke, maar יהוה sal oor jóu opkom en Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid sal oor jou verskyn.
3 Nasies sal na jou lig toe kom en konings na die helderheid van jou opkoms.
4 Lig jou oë op en kyk rondom; hulle kom almal bymekaar, hulle kom na jou toe. Jou seuns sal van ver af kom en jou dogters sal in die arms gedra word.
5 Dan sal jy sien en jou gesig sal ophelder en jy sal verheug wees en jou verstand, wil en emosie sal tot rus kom, want die rykdom van die see sal na jou toe gedraai word, die sterkte van die nasies sal na jou toe kom.
6 ’n Menigte kamele sal jou toedek, die drommedarisse van Midyan en `Eifah; almal vanaf Sh’va sal kom; hulle sal goud en wierook bring en sal goeie nuus dra van die lofprysinge van יהוה.