11 Jou poorte sal voortdurend oop wees; hulle sal nie bedags of snags gesluit word nie sodat hulle, met hulle konings gelei in optog, die rykdom van die nasies na jou toe kan bring,
12 want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal vergaan en dié nasie sal totaal vernietig word.
13 Die lof en eer van die L’vanon sal na jou toe kom, die jenewerboom, die palmhout en die sipres saam, om die plek van My Afsondering mooi te maak en Ek sal die plek van My voete wonderlik maak.
14 Die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal buigend na jou toe kom en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole en hulle sal jou die Stad van יהוה noem, Tziyon van die Afgesonderde Een van Yisra’el.
15 Waar jy verlate en gehaat was met niemand wat deurgaan nie, sal Ek jou maak tot ’n ewige trots, ’n vreugde van geslag tot geslag.
16 Jy sal ook die rykdom van nasies byvoeg en die rykdom van konings verkry; dan sal jy weet dat Ek, יהוה, jou Verlosser, jou Loskoper is, die Magtige Een van Ya’akov.
17 In plaas van koper sal Ek goud bring en in plaas van yster sal Ek silwer bring en in plaas van hout, koper en in plaas van klippe, yster en Ek sal vrede as jou administrateur aanstel en onpartydige opregtheid as jou toesighouers.