18 Geweld sal nie meer in jou land gehoor word nie en ook nie verwoesting of vernietiging in jou grondgebied nie, maar jy sal jou mure “verlossing” noem en jou poorte “lofprysing.”Open 21:23-24
19 Jy sal nie langer die son bedags as lig hê nie en die maan sal ook nie vir jou lig as helderheid gee nie, maar jy sal יהוה as ’n ewige Lig hê en jou God as jou Lof en Eer.
20 Jou son sal nie meer ondergaan nie en jou maan nie kleiner word nie, want jy sal יהוה as ’n ewige Lig hê en die dae van jou rou sal verby wees.
21 Dan sal al jou mense onpartydig opreg wees; hulle sal vir ewig die land besit, die lote wat Ek geplant het, die werk van My hande sodat Ek geloof, geëer en aanbid sal word.
22 Die kleinste een sal ’n stam word en die geringste een ’n magtige nasie. Ek, יהוה, sal dit op die regte tyd verhaas.”Mat 11:5