6 ’n Menigte kamele sal jou toedek, die drommedarisse van Midyan en `Eifah; almal vanaf Sh’va sal kom; hulle sal goud en wierook bring en sal goeie nuus dra van die lofprysinge van יהוה.
7 Al die kleinvee van Kedar sal by jou bymekaargemaak word, die ramme van N’vayot sal jou bedien; hulle sal met aanvaarding opgaan na My altaar en Ek sal eer en lof bring aan My huis van lof, eer en aanbidding.
8 Wie is hierdie wat soos ’n wolk vlieg, soos duiwe na hulle vensters?
9 Die kuslande sal sekerlik vir My wag en die skepe van Tarshish, met hul silwer en goud vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, jou God en vir die Afgesonderde Een van Yisra’el, sal eerste kom om jou seuns by hulle, van ver af te bring omdat hy jou eer en lof gebring het.
10 Vreemdelinge sal jou mure opbou en hulle konings sal jou bedien, want in My toorn het Ek jou geslaan en in My guns het Ek vir jou omgegee.
11 Jou poorte sal voortdurend oop wees; hulle sal nie bedags of snags gesluit word nie sodat hulle, met hulle konings gelei in optog, die rykdom van die nasies na jou toe kan bring,
12 want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal vergaan en dié nasie sal totaal vernietig word.