2 om die jaar van guns van יהוה aan te kondig en die dag van die wraak van ons God; om almal wat treur te troos,
3 om aan die wat treur in Tziyon te voorsien; vir hulle ’n sierkrans te gee in die plek van as, vreugde-olie in plaas van rou, die mantel van lofprysing in plaas van ’n verslae gees. Hulle sal eikebome van onpartydige opregtheid, deur יהוה geplant, genoem word sodat Hy geloof, geëer en aanbid kan word.
4 Dan sal hulle die ou puinhope herbou, die vorige verwoeste plekke oplig en die verwoeste stede herstel; die vernietiging van baie geslagte.
5 Vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas en buitelanders sal julle boere en wynboere wees,Eks 19:6; 1 Kef 2:5,9; Open 1:6; Open 20:6 daar sal van julle gepraat word as bedienaars van ons God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en in hulle rykdom sal julle roem.
6 maar júlle sal die priesters van יהוה genoem word;
7 In plaas van julle skande, ’n dubbele deel vir julle en in plaas van vernedering sal julle jubel oor hulle deel; daarom sal julle ’n dubbele deel in hulle land besit, ewige vreugde sal hulle s’n wees,
8 want Ek, יהוה, het die regverdige oordeel lief; Ek haat diefstal en oortreding; Ek sal jou werk in waarheid lei en ’n ewige verbond met jou sluit.