2 Die nasies sal jou onpartydige opregtheid sien en al die konings jou lof en eer en jy sal ’n nuwe naam genoem word wat deur die mond van יהוה uitgewys sal word.
3 Jy sal ook ’n kroon van skoonheid wees in die hand van יהוה en ’n koninklike tulband in die hand van jou God.Hos 1; Hos 2
4 Dit sal nie langer vir jou gesê word, “In die steek gelaat,” nie en ook nie vir jou land, “Verwaarloos,” nie, maar jy sal genoem word: “My vreugde is in haar” en jou land: “Getroude,” want יהוה is bly oor jou en jou land sal getroud wees,Open 19:7
5 want soos ’n jongman ’n maagd trou, so sal jou gekoses met jou trou en soos die bruidegom hom verheug oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.
6 O Yerushalayim, Ek het wagte op jou mure aangestel; die hele dag en die hele nag sal hulle nooit stilbly nie. Julle wat יהוה herinner, neem geen rus nieOpen 21
7 en gee Hom geen rus nie totdat Hy Yerushalayim vestig en maak tot ’n lofprysing op die aarde!
8 יהוה het gesweer by Sy regterhand en by Sy magtige arm: “Ek sal jou graan nooit weer as kos vir jou vyande gee nie; ook sal buitelanders nie jou nuwe wyn drink waarvoor jy gewerk het nie,