3 Jy sal ook ’n kroon van skoonheid wees in die hand van יהוה en ’n koninklike tulband in die hand van jou God.Hos 1; Hos 2
4 Dit sal nie langer vir jou gesê word, “In die steek gelaat,” nie en ook nie vir jou land, “Verwaarloos,” nie, maar jy sal genoem word: “My vreugde is in haar” en jou land: “Getroude,” want יהוה is bly oor jou en jou land sal getroud wees,Open 19:7
5 want soos ’n jongman ’n maagd trou, so sal jou gekoses met jou trou en soos die bruidegom hom verheug oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.
6 O Yerushalayim, Ek het wagte op jou mure aangestel; die hele dag en die hele nag sal hulle nooit stilbly nie. Julle wat יהוה herinner, neem geen rus nieOpen 21
7 en gee Hom geen rus nie totdat Hy Yerushalayim vestig en maak tot ’n lofprysing op die aarde!
8 יהוה het gesweer by Sy regterhand en by Sy magtige arm: “Ek sal jou graan nooit weer as kos vir jou vyande gee nie; ook sal buitelanders nie jou nuwe wyn drink waarvoor jy gewerk het nie,
9 maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en יהוה prys en hulle wat dit oes, sal dit drink in die howe van My Afgesonderde Plek.”