6 O Yerushalayim, Ek het wagte op jou mure aangestel; die hele dag en die hele nag sal hulle nooit stilbly nie. Julle wat יהוה herinner, neem geen rus nieOpen 21
7 en gee Hom geen rus nie totdat Hy Yerushalayim vestig en maak tot ’n lofprysing op die aarde!
8 יהוה het gesweer by Sy regterhand en by Sy magtige arm: “Ek sal jou graan nooit weer as kos vir jou vyande gee nie; ook sal buitelanders nie jou nuwe wyn drink waarvoor jy gewerk het nie,
9 maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en יהוה prys en hulle wat dit oes, sal dit drink in die howe van My Afgesonderde Plek.”
10 Gaan deur, gaan deur die poorte, maak die pad oop vir die mense! Bou op, bou op die hoofpad; verwyder die klippe, lig ’n banier op oor die volke!
11 Let op, יהוה het tot aan die einde van die aarde aangekondig, sê vir die dogter van Tziyon: “Kyk, jou Verlossing kom; let op, Sy beloning is by Hom en Sy vergoeding voor Hom.”
12 Hulle sal genoem word: “Die afgesonderde volk, die vrygekooptes van יהוה” en jy sal genoem word: “Uitgesoekte, ’n stad nie in die steek gelaat nie.”