1 Wie is dit wat kom vanaf Edom, met donker rooi klere vanaf Botzrah? Wie is majestueus in Sy kleredrag en magtig in die grootheid van Sy krag? “Dit is Ek wat in onpartydige opregtheid praat, magtig om te red.”
2 Waarom is U kleredrag rooi en U klere soos dié van een wat in die wynpers trap?
3 “Ek het die wyn alleen deurgetrap en van die volke was daar niemand by My nie. Ek het hulle ook getrap in My woede en hulle vertrap in My toorn en hulle lewensbloed het op My klere gespat en Ek het al My klere bevlek,
4 want die dag van wraak was in My verstand, wil en emosie en My jaar van loskoping het gekom.Yes 59:16
5 Ek het gekyk en daar was niemand om te help nie en Ek het gewonder omdat daar niemand was om te ondersteun nie; My eie arm het vir My verlossing gebring en My toorn het My ondersteun.
6 Ek het volke vertrap in My woede en hulle dronk gemaak in My toorn en Ek het hulle lewensbloed op die aarde uitgegooi.”
7 Ek sal die liefdevolle goedheid van יהוה noem, die lofprysinge van יהוה, volgens alles wat יהוה aan ons toegestaan het en die groot goedheid teenoor die huis van Yisra’el, wat Hy aan hulle toegestaan het volgens Sy omgee en volgens die oorvloed van Sy liefdevolle goedheid,