14 Soos die beeste wat in die vallei afgaan, het die Gees van יהוה hulle rus gegee. Só het U U volk gelei, om vir Uself ’n eervolle, lofwaardige Naam te maak.
15 “Kyk van die hemel af neer en sien uit U afgesonderde en lofwaardige blyplek, waar is U ywer en U magtige dade? Die ontroering van U verstand, wil en emosie en U liefdevolle omgee is ingehou teenoor ons,
16 want U is ons Vader, alhoewel Avraham ons nie ken nie en Yisra’el ons nie erken nie. U, O יהוה, is ons Vader en ons Loskoper. U Naam is van ewigheid af.
17 יהוה, waarom laat U ons wegdwaal van U paaie en verhard U ons verstand, wil en emosie sodat ons U nie vrees nie? Kom terug ter wille van U diensknegte, die stamme van U erfenis!
18 U afgesonderde volk het U Afgesonderde Plek vir ’n kort rukkie besit; ons teëstanders het dit vertrap.
19 Ons het geword soos hulle oor wie U nooit geheers het nie, hulle waaroor U Naam (Karakter en Outoriteit) nie uitgeroep is nie. Ag, as U maar die hemele wou skeur en afkom sodat die berge sal bewe voor U Teenwoordigheid