3 Van die begin van die wêreld af het hulle dit nie gehoor of met die oor waargeneem, of het die oog, o God, enige buiten U gesien nie, as gevolg van wat U doen vir dié wat op U wag.
4 U ontmoet hom wat onpartydige opregtheid doen, wat U met vreugde in U handelswyses onthou. Let op, U was kwaad, want ons het gesondig; ons het oortree teenoor U handelswyses en tog sal ons gered word.
5 Ons het almal geword soos ’n onrein ding en al ons regverdige dade is soos ’n vuil kleed; ons het almal verwelk soos ’n blaar en ons onregverdigheid het ons weggevat soos die wind.
6 Daar is niemand wat U Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep, wat onthou om aan U vas te hou nie, want U het U gesig weggedraai van ons af en ons oorgegee aan die krag van ons sondes,
7 maar nou, יהוה, U is ons Vader; ons is die klei en U is ons Pottebakker en ons is almal die werk van U hand.
8 יהוה, wees nie uitermate kwaad nie en onthou nie die onregverdigheid vir ewig nie; let op, kyk nou, ons is almal U volk.
9 U afgesonderde stede het ’n wildernis geword; Tziyon het ’n wildernis geword, Yerushalayim ’n verlatenheid.