7 maar nou, יהוה, U is ons Vader; ons is die klei en U is ons Pottebakker en ons is almal die werk van U hand.
8 יהוה, wees nie uitermate kwaad nie en onthou nie die onregverdigheid vir ewig nie; let op, kyk nou, ons is almal U volk.
9 U afgesonderde stede het ’n wildernis geword; Tziyon het ’n wildernis geword, Yerushalayim ’n verlatenheid.
10 Ons afgesonderde en pragtige huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand en al ons kosbaarhede, het ’n puinhoop geword.
11 יהוה, sal U Uself terughou oor hierdie dinge? Sal U stilbly en ons uitermate teister?”
12 (Nie in hierdie vertaling nie)Rom 10:20 aan ’n nasie wat nog nooit My Naam uitgeroep het nie, het Ek gesê: ‘Hier is Ek, hier is Ek!’