1 “Ek het Myself laat soek deur hulle wat nie na My gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie;Rom 10:21 wat loop op ’n pad wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;
2 Ek het My hande die hele dag lank uitgesprei na ’n rebelse volk,
3 ’n volk wat My voortdurend in die gesig uittart, deur offers in tuine te bring en wierook te laat opgaan op bakstene;Lev 11:7; Yes 66:17
4 wat tussen die grafte sit en die nag in geheime plekke deurbring; wat varkvleis eet en in hulle potte is die mengsel van onrein vleis,
5 wat sê: ‘Bly by jouself! Kom nie naby my nie, want ek is meer afgesonder as jy!’ Hulle is rook in My neusgate, ’n vuur wat die hele dag brand.