1 So sê יהוה: “Die hemel is My troon en die aarde is My voetstoel.Hand 7:50 verklaar יהוה, “maar na hierdie een sal Ek kyk: na hom wat nederig is, berouvol van gees en wat My Woord respekvol vrees.
2 Want My hand het al hierdie dinge gemaak, so het dit alles ontstaan,”
3 Hy wat ’n bees slag is soos een wat ’n man doodslaan; hy wat ’n lam offer, soos hy wat ’n hond se nek breek; hy wat ’n graanoffer bring soos een wat varkbloed offer; hy wat wierook brand, is soos hy wat ’n afgod seën. Soos húlle hul eie paaie gekies het en hulle lewens ’n behae in hul verwerplikhede het,
4 so sal Ek hulle strawwe kies en dit wat hulle vrees oor hulle bring omdat Ek geroep het, maar niemand het geantwoord nie; Ek het gepraat, maar hulle het nie geluister nie; hulle het boos gedoen in My oë en gekies wat My nie behaag nie.”
5 Hoor die woord van יהוה, julle wat bewe voor Sy Woord! “Sê aan julle broers wat julle haat, wat julle uitsluit om My Naam (Karakater en Outoriteit) ontwil: ‘Laat יהוה geloof en geëer word.’ Wees vol vreugde in jou blydskap en hulle sal beskaamd staan!”
6 “’n Klank van oproer uit die stad, ’n stem vanaf die tempel. Die stem van יהוה wat Sy vyande beloon!
7 Voordat sy geboortepyne gekry het, het sy geboorte gegee; voordat haar pyn gekom het, het sy geboorte gegee aan ’n seun.