21 Ek sal ook sommige van hulle as priesters en Leviete vat,” sê יהוה,2 Kef 3:13; Open 21:1
22 “want net soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor My sal staan,” verklaar יהוה, “so sal julle nageslag en julle naam staan.
23 Dit sal wees vanaf Nuwemaan tot Nuwemaan en van Shabbat tot Shabbat dat die ganse mensdom sal kom om voor My neer te buig,” sê יהוה.Mar 9:44,46,48
24 “Dan sal hulle uitgaan en die lyke van die mense wat teen My oortree het, sien, want hulle wurm sal nie sterf en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie en hulle sal ’n afsku wees vir die ganse mensdom.”2 Kon 22:4; 2 Kon 23:4