6 “’n Klank van oproer uit die stad, ’n stem vanaf die tempel. Die stem van יהוה wat Sy vyande beloon!
7 Voordat sy geboortepyne gekry het, het sy geboorte gegee; voordat haar pyn gekom het, het sy geboorte gegee aan ’n seun.
8 Wie het van so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Kan ’n land in een dag gebore word? Kan ’n nasie op een slag voortgebring word? Sodra Tziyon geboortepyne gekry het, het sy geboorte gegee aan haar kinders.
9 Sal Ek tot op die punt van geboorte bring en nie tot geboorte laat kom nie?” vra יהוה. “Of miskien is dit nie Ek wat geboorte laat gee en wat die baarmoeder sluit nie?” vra jou God.
10 “Wees bly saam met Yerushalayim en swaai in die rondte van vreugde oor haar, almal wat haar liefhet! Wees uitermate vrolik saam met haar, almal wat oor haar treur
11 sodat julle kan drink en versadig word aan haar vertroostende borste sodat julle kan suig en julle verlustig aan haar oorvloedige boesem,”
12 want so sê יהוה: “Let op, Ek steek vrede na haar toe uit soos ’n rivier en die eer en lof van die nasies soos ’n oorlopende stroom en julle sal versorg word, julle sal op die heup gedra word en op die knieë vertroetel word.