10 Toe het יהוה weer met Agaz gepraat en gesê:
11 “Vra vir jouself ’n teken van יהוה, jou God; maak dit diep soos Sh’ol of hoog soos die hemel.”
12 Agaz het egter geantwoord: “Ek sal nie vra of יהוה toets nie.”
13 Toe sê hy: “Luister nou, o huis van Dawid! Is dit ’n te klein saak vir julle om mense se geduld te beproef sodat julle die geduld van my God ook beproef?Mat 1:23
14 יהוה sal daarom self aan julle ’n teken gee: let op, ’n maagd sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun en sy sal Sy Naam (Karakter en Outoriteit) `Immanu’el noem.
15 Hy sal dikmelk en heuning eet teen die tyd dat Hy sal weet hoe om die bose te weier en om die goeie te kies,
16 want voordat die Seun sal weet hoe om die bose te weier en die goeie te kies, sal die land voor wie se twee konings jy lastig geval word, verlate wees.