14 יהוה sal daarom self aan julle ’n teken gee: let op, ’n maagd sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun en sy sal Sy Naam (Karakter en Outoriteit) `Immanu’el noem.
15 Hy sal dikmelk en heuning eet teen die tyd dat Hy sal weet hoe om die bose te weier en om die goeie te kies,
16 want voordat die Seun sal weet hoe om die bose te weier en die goeie te kies, sal die land voor wie se twee konings jy lastig geval word, verlate wees.
17 יהוה sal oor jou, jou volk en die huis van jou vader sulke dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat die koning van Ashur Efrayim van Y’hudah afgeskei het nie!
18 In dié dag sal יהוה vir die vlieë fluit wat aan die verste einde van die strome van Mitzrayim is en vir die bye wat in die land van Ashur is.
19 Hulle sal kom en gaan sit op die steil klowe, op die lysies van die kranse en op al die doringbosse en op al die drinkplekke.
20 In dié dag sal יהוה met ’n skerp skeermes die anderkant van die Eufraat, deur die koning van Ashur, die kop en die beenhare skeer en hy sal ook die baard afskeer.