17 יהוה sal oor jou, jou volk en die huis van jou vader sulke dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat die koning van Ashur Efrayim van Y’hudah afgeskei het nie!
18 In dié dag sal יהוה vir die vlieë fluit wat aan die verste einde van die strome van Mitzrayim is en vir die bye wat in die land van Ashur is.
19 Hulle sal kom en gaan sit op die steil klowe, op die lysies van die kranse en op al die doringbosse en op al die drinkplekke.
20 In dié dag sal יהוה met ’n skerp skeermes die anderkant van die Eufraat, deur die koning van Ashur, die kop en die beenhare skeer en hy sal ook die baard afskeer.
21 In daardie dag mag ’n man ’n jong koei en ’n paar skape aan die lewe hou
22 en weens die oorvloed van melk wat hulle lewer, sal hy dikmelk eet, want almal wat in die land oorgebly het sal dikmelk en heuning eet.
23 Dit sal gebeur in daardie dag dat op elke plek waar daar ’n duisend wingerdstokke was, met die waarde van ’n duisend sikkels silwer, dorings en distels sal kom.