10 Maak ’n plan en dit sal verydel word; maak ’n voorstel, maar dit sal nie staan nie, want God is by ons (`Immanu’el)!”
11 Want so het יהוה met my gepraat; met magtige krag vir my instruksie gegee om nie te loop op die pad van hierdie volk nie en gesê:
12 “Julle moenie sê: ‘’n Sameswering’ vir alles wat hierdie volk ’n sameswering noem nie en julle moenie bang wees waarvoor hulle bang is, of daarvoor vrees nie.1 Kef 3:15
13 יהוה-Tzva’ot, Hom moet julle as Afgesonderd beskou; Hy is julle God en Hy is julle Helper! Kef 2:8; Rom 9:32 vir beide die huise van Yisra’el en ’n Vangnet en ’n Strik vir die inwoners van Yerushalayim.
14 Dan sal Hy ’n Toevlugsoord wees; asook ’n Klip om mee te slaan en ’n Rots om oor te struikel
15 Baie sal oor dit struikel, dan sal hulle val en stukkend wees; hulle sal selfs verstrik en gevang word.
16 Bind die getuienis toe, seël die wet tussen My studentevolgelinge.”