2 Ek het vir myself betroubare getuies geneem as getuies: Uriyah, die priester, en Z’kharyah, die seun van Y’verekyah.
3 Ek het na die profetes gekom en sy het swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun. Toe het יהוה vir my gesê: “ Noem hom: ‘Maher-Shalal-Hash-Baz,’2 Kon 17-18:12; Yes 9:8
4 want voordat die seun sal weet hoe om uit te roep: ‘My vader!’ of: ‘My moeder,’ sal die rykdom van Dammesek en die buit van Shomron voor die koning van Ashur weggedra word.”
5 Weer het יהוה verder met my gepraat en gesê:
6 “In soverre hierdie volk die rustig vloeiende waters van Shiloah verwerp het en hulle verheug in Retzin en die seun van Remalyah;
7 daarom, let op, יהוה is op die punt om die sterk en oorvloedige waters van die Eufraat oor hulle te laat kom; die koning van Ashur en al sy lof en eer en dit sal bo-oor al sy kanale opstyg en oor al sy walle gaan.2 Kon 18:13-; Yes 10:11; Yeg 47
8 Dan sal dit voortstroom in Y’hudah in, dit sal oorstroom en deur gaan; dit sal selfs tot by die nek kom en die uitsprei van sy vlerke sal die breedte van U land vul, o, God wat by ons is! (`Immanu’el)