3 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde vermeerder; hulle was vrolik in U Teenwoordigheid, soos met die vrolikheid van oestyd, soos mense in die rondte swaai van vreugde as hulle die buit verdeel,
4 want U het die juk van hulle las, die staf op hulle skouers, die lat van hulle onderdrukker, soos met die geveg van Midyan, verbreek,
5 want elke stem wat gehoor word, bring verskrikking en klere wat in bloed gerol is, maar dit sal wees om te verbrand; brandstof vir die vuur,
6 want ’n jong Seun is vir ons gebore, ’n Seun is vir ons gegee; die regering sal op Sy skouers rus; Sy Naam (Karakter en Outoriteit) word genoem: Wonderlike Raadgewer, Magtige God, Ewige Prins van Vrede.Hand 1:6; Heb 1:8
7 Daar sal geen einde wees aan die vermeerdering van Sy regering en van Sy vrede, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, nie; om dit te bevestig en dit in stand te hou met regverdigheid, onpartydige opregtheid, van toe af aan en vir ewig. Die ywer van יהוה-Tzva’ot sal dit uitvoer.
8 יהוה stuur ’n boodskap teen Ya’akov en dit val op Yisra’el.
9 Al die mense weet dit; Efrayim en die inwoners van Shomron, wat in trotsheid en arrogansie van verstand, wil en emosie verklaar: