7 Daar sal geen einde wees aan die vermeerdering van Sy regering en van Sy vrede, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, nie; om dit te bevestig en dit in stand te hou met regverdigheid, onpartydige opregtheid, van toe af aan en vir ewig. Die ywer van יהוה-Tzva’ot sal dit uitvoer.
8 יהוה stuur ’n boodskap teen Ya’akov en dit val op Yisra’el.
9 Al die mense weet dit; Efrayim en die inwoners van Shomron, wat in trotsheid en arrogansie van verstand, wil en emosie verklaar:
10 “Die bakstene het geval, maar ons sal met gladde klip bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal hulle met seders vervang;”
11 daarom laat יהוה Retzin se teëstanders teen hulle opstaan en hits Hy hulle vyande aan:
12 die Arameërs van die ooste en die F’lishtyne van die weste; hulle verteer Yisra’el met gapende kake. Ondanks dit alles, draai Sy woede nie weg nie en is Sy hand steeds uitgestrek.
13 Nogtans draai die volk nie terug na Hom wat hulle slaan, of soek hulle יהוה-Tzva’ot nie;