16 Is kos nie voor ons oë afgesny nie; blydskap en vreugde vanuit die huis van ons God?
17 Die saad krimp weg onder hulle kluite, die stoorkamers is verlate, die store is afgebreek, want die koring het opgedroog.
18 Hoe sug die diere! Die troppe beeste dwaal doelloos, want daar is geen weiding vir hulle nie; selfs die troppe kleinvee kry swaar.
19 Tot U, o יהוה, roep ek uit, want ’n vuur het die weivelde van die wildernis verteer en die vlam het al die bome van die veld afgebrand.
20 Selfs die diere van die veld smag na U, want die waterstrome het opgedroog en vuur het die weivelde van die wildernis verteer.