15 Blaas ’n ramshoring in Tziyon, sonder ’n vas af, verklaar ’n ernstige byeenkoms,
16 maak die volk bymekaar, sonder die gemeente af, vergader die oudstes, maak die kinders en die suigelinge bymekaar! Laat die bruidegom uit sy kamer uitkom en die bruid uit haar kamer.
17 Laat die priesters, die bedienaars van יהוה, tussen die stoep en die altaar huil en laat hulle sê: “O יהוה, spaar U volk en maak nie van U erfenis ’n bespotting, ’n bywoord onder die nasies nie. Waarom sou hulle onder die volke sê: ‘Waar is hulle God?’”
18 Dan sal יהוה ywerig wees vir Sy land en jammer wees vir Sy volk.
19 יהוה sal antwoord en vir Sy volk sê: “Let op, Ek gaan vir julle graan, nuwe wyn en olie stuur en julle sal ten volle daardeur versadig word en Ek sal julle nooit weer ’n voorwerp van spot maak onder die nasies nie,
20 maar Ek sal die leërmag vanuit die noorde ver van julle af verwyder en Ek sal dit in ’n geskroeide en verlate land indryf; sy voorhoede in die oostelike see en sy agterhoede in die westelike see. Sy stank sal opstyg en sy slegte reuk opkom, want dit het groot dinge gedoen.”
21 Moenie bang wees nie, o land, swaai in die rondte van vreugde en wees bly, want יהוה het groot dinge gedoen!