11 Haas julle en kom, al julle nasies rondom en kom daar bymekaar. Bring U magtiges af, o יהוה!
12 Laat die nasies opgewek word en opkom na die vallei van Y’hoshafat, want daar sal Ek sit om al die nasies rondom te oordeel.
13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom, trap, want die parskuip is vol, die vate loop oor, want hulle boosheid is groot.
14 Menigtes, menigtes in die Vallei van Beslissing, want die dag van יהוה is naby in die Vallei van Beslissing!Mar 13:25
15 Die son en die maan word donker en die sterre verloor hulle helderheid.
16 יהוה brul uit Tziyon en verhef Sy stem uit Yerushalayim en die hemele en die aarde bewe, maar יהוה sal ’n toevlug wees vir Sy volk en ’n vesting vir die seuns van Yisra’el,Yeg 47:22-23
17 dan sal julle weet dat Ek יהוה, julle God is, wat woon op Tziyon, My afgesonderde berg. Yerushalayim sal afgesonderd wees en vreemdelinge sal nie meer deur dit trek nie.Yeg 47:1-12