18 Op daardie dag sal die berge drup van soetwyn en die heuwels sal vloei met melk en al die stroompies van Y’hudah vloei met water; ’n fontein sal uit die huis van יהוה uitkom om die vallei van Sheetim water te gee.
19 Mitzrayim sal ’n woesteny word en Edom ’n verlate wildernis, as gevolg van die geweld wat aan die seuns van Y’hudah gedoen is, in wie se land hulle onskuldige bloed vergiet het.
20 Y’hudah sal egter vir ewig bewoon word en Yerushalayim vir alle geslagte.
21 Ek sal hulle bloed wreek, wat Ek nog nie gewreek het nie, want יהוה bly in Tziyon.