3 (2:4) want U het my in die diepte gegooi, in die binneste van die seë en die stroom het my ingesluk; al U deinings en golwe het oor my gegaan.
4 (2:5) Ek het gesê: ‘Ek is uit U Teenwoordigheid verban, nogtans sal ek weer in die rigting van U afgesonderde tempel kyk.
5 (2:6) Water het my omring tot op die punt van die dood, die groot vis het my ingesluk, seegras was om my kop gedraai.
6 (2:7) Ek het afgegaan tot by die wortels van die berge, die aarde met sy tralies was vir ewig rondom my, maar U het my lewe uit die put uit opgebring, יהוה, my God!
7 (2:8) Terwyl ek weggetaan het, het ek יהוה onthou en my gebed het, in U afgesonderde tempel, na U toe gekom.
8 (2:9) Die wat nietige afgode erken, verlaat hulle vertrouenswaardigheid,
9 (2:10) maar ek sal tot U offer met ’n stem van danksegging. Dit wat ek beloof het, sal ek betaal. Redding is vanaf יהוה.”