3 Yonah het opgestaan en na Ninveh gegaan volgens die woord van יהוה. Ninveh was ’n uitermate groot stad, drie dae se loop.
4 Toe het Yonah begin om deur die stad te gaan, een dag se loop en hy het uitgeroep en gesê: “Nog veertig dae, dan word Ninveh omvergewerp.”
5 Toe het die manne van Ninveh God vertrou, ’n vas uitgeroep en sakklere aangetrek, van groot tot klein.
6 Toe die boodskap die koning van Ninveh bereik, het hy opgestaan van sy troon af, sy bokleed eenkant neergesit en homself met sakklere bedek en in die as gaan sit.
7 Hy het ’n proklamasie uitgevaardig wat gesê het: “In Ninveh, in opdrag van die koning en sy edelmanne: geen mens of dier, bees of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie eet of water drink nie,
8 maar beide mens en dier moet met sak klere bedek wees en laat die mense ernstig tot God roep sodat elkeen kan wegdraai van sy bose lewenswyse en van die geweld wat in sy hande is.
9 Wie weet of God mag terugdraai en onverdiende guns oor ons mag hê en Sy brandende woede van ons af verwyder sodat ons nie sal vergaan nie.”