8 ’n Laaste woord oor julle verhoudings: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.
9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën.
10 Want die Skrif sê:“As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef,moet jy jou tong weghou van kwaadpraaten jou lippe van leuens.
11 Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is.Soek vrede, ja, jaag dit na!
12 Die Here sorg vir dié wat reg doen,en Hy luister na hulle gebede.Maar die Here is teen dié wat kwaad doen.”
13 Verder, wie sal julle sleg behandel as julle uit julle pad gaan om goed te doen?
14 Maar as dit inderdaad gebeur dat julle swaarkry omdat julle doen wat reg is, sal God sy seën op julle laat rus. Moet dus nie dat mense julle bangmaak of afskrik nie.