3 Moenie baasspeel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar stel die voorbeeld vir die kudde.
4 En wanneer die Hoofherder verskyn, sal julle deel kry aan sy heerlikheidskroon wat nooit vergaan nie.
5 En julle, jong manne, erken die gesag van die ouderlinge. Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want:“God is téén dié wat te veel van hulleself dink,maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan húlle gee Hy sy genade.”
6 Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak.
7 Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.
8 Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.
9 Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding.