41 ‘Sien dit tog raak, julle veragters!Staan verstom en gaan te gronde!Want in julle tyd doen Ek iets,iets wat julle beslis nie sal glo nie,selfs nie as iemand ditvir julle vertel nie.’”
42 Terwyl Paulus en Barnabas die sinagoge verlaat, het die mense hulle gevra om die volgende Sabbatdag meer van dié dinge te vertel.
43 Ná die sinagogediens het baie van die Jode en van die nie-Jode wat proseliete geword het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié twee het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou.
44 Die volgende Sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om hulle die woord van die Here te hoor preek.
45 Toe die Jode die skares sien, het hulle jaloers geword. Hulle het Paulus beledig en alles teengestaan wat hy gesê het.
46 Paulus en Barnabas het toe reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, wend ons ons nou tot die nie-Jode.
47 “Immers met hierdie woorde het die Here ons ’n opdrag gegee:‘Ek het Jou gegee as ’n ligvir die nie-Joodse nasiessodat Jy verlossing kan bringtot in die uithoeke van die aarde.’”