26 Die offisier oor honderd man gaan toe na die offisier oor duisend man en vra: “Wat is u van plan om te doen? U moet besef hierdie man is ’n Romeinse burger!”
27 Die offisier oor duisend man gaan vra toe vir Paulus: “Sê vir my, ís jy ’n Romeinse burger?”“Ja,” het Paulus geantwoord.
28 “Ek is ook een,” het die offisier oor duisend man gereageer, “en hierdie burgerreg het my ’n klomp geld gekos!”“Maar ék is as ’n burger gebore!” het Paulus gesê.
29 Die soldate wat hom moes gésel om hom te laat praat, het hom dadelik laat staan, en selfs die offisier oor duisend man het bang geword toe hy besef dat Paulus ’n Romeinse burger is en dat hy hom vir die géseling laat vasbind het.
30 Die offisier oor duisend man het die volgende dag sy boeie laat afhaal en die priesterhoofde en die hele Joodse Raad vir ’n vergadering opgeroep. Hy het Paulus laat inbring, want hy wou agterkom presies waaroor hy deur die Jode aangekla was.