13 Toe die duiwel Jesus klaar versoek het, het hy Hom verlaat tot die volgende geleentheid.
14 Hierna het Jesus, gevul met die krag van die Heilige Gees, na Galilea teruggegaan. Hy het deur die hele omgewing bekend geword.
15 Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.
16 Toe Hy kom in sy tuisdorp Nasaret waar Hy grootgeword het, het Hy soos gewoonlik op die Sabbat na die sinagoge gegaan en opgestaan om die Skrif te lees.
17 Die boekrol wat Jesaja die profeet bevat, is aan Hom gegee en Hy het dit oopgerol tot by die plek waar dit sê:
18 “Die Gees van die Here is op Myomdat Hy My aangestel het om die Goeie Nuusvir die armes aan te kondig.Hy het My gestuur om aan te kondigdat gevangenes vrygelaat sal word,dat blindes sal sien,dat onderdruktes bevry sal wordvan hulle verdrukkers,
19 en dat die tyd van die Herese goedheid gekom het.”