26 Tog is Elia nie na enige van hulle gestuur nie, maar wel na ’n weduwee in Sarfat – ’n vreemdeling in die gebied van Sidon.
27 Of dink aan die profeet Elisa wat Naäman die Siriër genees het, eerder as die baie mense in Israel wat aan ernstige velsiektes gely het.”
28 Toe die mense in die sinagoge dít hoor, was hulle woedend.
29 Hulle het opgespring, Hom omsingel en Hom uit die dorp geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was. Hulle wou Hom oor die krans stoot,
30 maar Hy het tussen die skare deurgeglip en weggegaan.
31 Jesus is toe na Kapernaum, ’n dorp in Galilea, en het die mense elke Sabbatdag daar in die sinagoge geleer.
32 Die mense daar was ook verbaas oor die dinge wat Hy gesê het, want Hy het met gesag gepraat.