9 Toe het die duiwel Hom na Jerusalem geneem, na die hoogste punt van die tempel, en gesê: “As jy die Seun van God is, spring hier af!
10 Want die Skrif sê:‘God sal aan sy engele opdrag gee om jou te beskerm.
11 “En: ‘hulle sal jou op die hande drasodat jy nie dalk jou voet teen ’n klip stamp nie.’”
12 Jesus het hom geantwoord: “Die Skrif sê ook: ‘Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.’”
13 Toe die duiwel Jesus klaar versoek het, het hy Hom verlaat tot die volgende geleentheid.
14 Hierna het Jesus, gevul met die krag van die Heilige Gees, na Galilea teruggegaan. Hy het deur die hele omgewing bekend geword.
15 Hy het in hulle sinagoges geleer en is deur almal geprys.