10 Sy kollegas, Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, was net so verbaas.Jesus het vir Simon geantwoord: “Moenie bang wees nie! Van nou af sal jy mense vang!”
11 En toe hulle aan wal kom, het hulle alles net so laat lê en Jesus gevolg.
12 In een van die dorpe het Jesus ’n man met ’n gevorderde velsiekte raakgeloop. Toe die man Jesus sien, het hy diep voor Hom neergebuig en gesmeek om genees te word. “Here,” het hy gesê, “as U wil, kan U my gesond maak.”
13 Jesus het sy hand uitgesteek en die man aangeraak. “Ek wil,” het Hy gesê. “Word gesond!” En net daar het sy velsiekte verdwyn.
14 Toe het Jesus hom beveel om niemand te vertel wat gebeur het nie. “Gaan reguit na die priester toe en laat hy jou ondersoek. Vat die offer saam wat deur die wet van Moses vereis word vir iemand wat van so ’n velsiekte gereinig is sodat almal die bewys van jou genesing kan sien.”
15 Tog, ten spyte van Jesus se bevele, het die berig oor sy mag selfs vinniger versprei en groot skares het gekom om Hom te hoor preek en van hulle siektes genees te word.
16 Maar Jesus het Hom gereeld in ’n verlate plek afgesonder om te bid.