19 Almal het aan Hom probeer raak, want genesende krag het van Hom uitgegaan, en hulle is almal genees.
20 Jesus het na sy dissipels gekyk en gesê:“Gelukkig is julle wat arm is,want die koninkryk van Godis júlle deel.
21 Gelukkig is julle wat nou honger is,want julle sal versadig word.Gelukkig is julle wat nou huil,want die tyd sal kom dat julle van blydskap sal lag.
22 Gelukkig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle uitsluit en beskimp en julle naam deur die modder sleep ter wille van My, die Seun van die Mens.
23 “Wanneer dit gebeur, verheug julle! Ja, spring rond van vreugde! Want ’n groot beloning wag vir julle in die hemel. Onthou, die profete van vroeër is net so deur julle voorvaders behandel.”
24 “Ellende wag op julle wat nou ryk is,want julle het julle enigste geluk reeds nou.
25 Ellende wag op julle wat nou versadig en voorspoedig is,want vir julle kom daar ’n tydvan ontsettende hongersnood.Ellende wag op jullewat sorgeloos lag,want julle gelag sal in rou en treur verander.