66 Wat is julle bevinding?”“Hy is skuldig,” antwoord hulle, “hy verdien die doodstraf.”
67 Daarop spoeg hulle Hom in die gesig en slaan Hom met hulle vuiste. Party het Hom geklap en
68 gesê: “Profeteer vir ons, geagte Messias! Wie is dit wat jou nou net geslaan het?”
69 Petrus het nog steeds buite in die binnehof gesit. ’n Diensmeisie kom toe nader en sê: “Jy was mos ook saam met Jesus die Galileër?”
70 Hy het dit egter voor almal ontken. “Ek weet nie waarvan jy praat nie,” het hy verklaar.
71 Later, toe hy op pad was na die uitgang, sien ’n ander diensmeisie hom raak en sê vir die omstanders: “Hierdie man was ook saam met Jesus van Nasaret.”
72 Weer het hy dit ontken, hierdie keer met ’n eed: “Ek ken hierdie man glad nie!”