5 Gelukkig is dié wat sag van hart is,want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees.
6 Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is,want Hy sal hulle hartsverlange bevredig.
7 Gelukkig is dié wat met ontferming uitreik na mense in nood, want God sal Hom oor húlle ontferm.
8 Gelukkig is dié wie se hartevolkome op God gerig is, want hulle sal vir God sien.
9 Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is mý kinders.’
10 Gelukkig is dié wat vervolg wordter wille van wat voor God reg is, want die koninkryk van die hemele is húlle deel.
11 “Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is.