3 Toe het hy met ’n kragtige stem uitgeskreeu soos ’n leeu wat brul. Nadat hy so uitgeskreeu het, het sewe donderslae hulle eie dreunings laat weergalm.
4 En toe die sewe donderslae weergalm het, was ek op die punt om dit op te skryf, maar ek het ’n stem van die hemel se kant af hoor sê: “Hou geheim wat die sewe donderslae weergalm het, en moenie dit opskryf nie.”
5 Die engel wat ek op die see en die land sien staan het, het sy regterhand in die rigting van die hemel opgelig
6 en ’n eed gesweer by Hom wat vir altyd lewe, wat die hemel en sy inhoud, die land en sy inhoud, die see en sy inhoud, geskep het. Hy het onder eed gesweer: “Daar is nie meer tyd oor nie.
7 In daardie tyd wanneer die sewende engel sy trompet sal blaas, sal God se verborge bedoeling verwerklik word, soos Hy dit as goeie boodskap aan sy diensknegte, die profete, bekendgemaak het.”
8 Die stem wat ek van die hemel se kant af gehoor het, het toe weer met my gepraat deur vir my te sê: “Gaan haal die oopgerolde boekrolletjie wat in die hand is van die engel wat op die see en land staan.”
9 Ek het toe na die engel toe gegaan en hom gevra om die boekrolletjie vir my te gee. Sy reaksie was: “Neem dit en eet dit op. Dit sal bitter wees in jou maag alhoewel dit so soet soos heuning sal smaak in jou mond.”