2 Ontvang haar by julle op ’n manier wat by Christene pas. Wees vir haar beskikbaar en help haar in alles wat sy dalk nodig kry. Sy is ’n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het – ook vir my.
3 Groete vir Priscilla en Akwila. Hulle was my medewerkers in Christus Jesus se diens.
4 Wat meer is, hulle het hulle lewens vir my op die spel geplaas. Dis nie net ek wat hulle dankbaar bly nie, maar ook al die gemeentes onder die nie-Joodse nasies.
5 Groete ook aan die gemeente wat in hulle huis bymekaarkom. Groete vir my geliefde vriend Epenetus. Hy was die heel eerste persoon in die Romeinse provinsie Asië wat tot die Christelike geloof gekom het.
6 Groete vir Maria wat so hard in julle belang gewerk het.
7 Groete ook vir Andronikus en Junia, my mede-Jode, wat saam met my in die tronk was. Hulle is hoogaangeskrewe by die apostels, en was reeds voor my Christene.
8 Gee ook my groete aan Ampliatus, my geliefde Christenvriend.