20 “Ek wil een klein gunsie van jou vra,” sê sy. “Ek hoop jy sal my nie weier nie.”“Wat is dit, Ma?” vra hy. “U weet ek sal u niks weier nie.”
21 “Laat dan toe dat jou broer Adonia met Abisag, die meisie uit Sunem, trou,” antwoord sy.
22 “Hoe kan u hoegenaamd vra dat ek Abisag vir Adonia gee?” roep Salomo uit. “U kan netsowel vra dat ek die hele koninkryk vir hom moet gee! U weet dat hy my ouer broer is en dat hy Abjatar die priester en Joab seun van Seruja aan sy kant het.”
23 Toe lê koning Salomo ’n eed af voor die Here: “Mag God my straf as ek Adonia nie oor hierdie versoek teregstel nie.
24 So seker as die Here leef, Hy wat my stewig op die troon van my pa, Dawid, gevestig het en vir my ’n koningshuis geskep het soos Hy beloof het – net so seker moet Adonia vandag nog tereggestel word!”
25 Koning Salomo stuur toe vir Benaja seun van Jojada na Adonia toe en hy het hom doodgemaak.
26 Daarna sê die koning vir Abjatar die priester: “Gaan terug na jou landerye in Anatot! Jy verdien die dood, maar ek sal jou nie nou teregstel nie, want jy het die ark van die oppermagtige Here voor my pa gedra, en jy het baie ontberings saam met hom meegemaak.”