21 Toe ek in die oggend my kind wou laat drink, ontdek ek dat hy dood is! Maar toe ek hom later in die oggend goed bekyk, merk ek dat dit glad nie my seun is nie.”
22 Die ander vrou val haar toe in die rede: “Nee! Die een wat lewe, is my seun! Die dooie een is beslis jou seun!”“Nee,” sê die eerste vrou, “die seuntjie wat dood is, is joune en die lewende een is myne!” So het hulle voor die koning met mekaar gestry.
23 Toe sê die koning: “Albei van julle maak aanspraak op die lewende kind, en albei sê die dooie een is die ander een s’n.
24 Goed, bring vir my ’n swaard.” Iemand het vir hom ’n swaard gebring.
25 Hy sê toe: “Sny die lewende kind in twee en gee ’n helfte vir elkeen van hulle!”
26 Maar die ma van die lewende kind roep toe uit: “Nee, my heer! Gee dan liewer die lewende kind vir haar, maar moenie hom doodmaak nie!”Maar die ander vrou sê: “Dis goed so, dan sal hy nóg myne nóg joune wees. Sny hom deur!”
27 Toe sê die koning: “Moenie die kind doodmaak nie. Gee die lewende kind aan die eerste vrou. Sy is die regte ma!”