6 Ek het nie een keer teenoor Israel se leiers, my volk se herders, gekla nie, waar Ek ook al gegaan het. Ek het hulle ook nooit gevra nie: ‘Waarom het julle nie vir My ’n pragtige sederhouttempel gebou nie?’
7 “Gaan sê dan vir my kneg Dawid: So sê die Here, die Almagtige: Ek self het jou gekies om my volk Israel te lei toe jy nog maar in die veld skape opgepas het.
8 Ek was met jou waar jy ook al gegaan het, en Ek het al jou vyande vernietig. Nou gaan Ek jou ook nog deur die hele wêreld beroemd maak!
9 En Ek het ’n permanente blyplek vir my volk Israel gegee en hulle daar gevestig, ’n veilige plek waar hulle nie langer gepla sal word nie. Dit sal hulle eie land wees waar bose nasies hulle nie soos in die verlede kan verdruk nie,
10 selfs toe Ek rigters aangestel het om oor my volk te regeer. Ek sal al jou vyande onderwerp. “Ek verklaar nou vir jou dat Ek, die Here, vir jou ’n huis sal bou, ’n koningshuis.
11 Wanneer jy oud geword het en sterf, sal Ek een van jou seuns aanstel, en Ek sal sy koninkryk sterk maak.
12 Hy is die een wat ’n huis, ’n tempel vir My sal bou. En Ek sal sy troon vir baie lank bevestig.