25 En die Here het Salomo verhoog sodat die hele Israel hom bewonder het. Hy het Salomo selfs meer koninklike eer gegee as enige koning van Israel voor hom.
26 So het Dawid, seun van Isai, oor die hele Israel regeer.
27 Hy het 40 jaar oor Israel regeer, sewe jaar in Hebron en 33 jaar in Jerusalem.
28 Hy is op ’n ryp ouderdom dood nadat hy ’n lang lewe, rykdom en eer geniet het. Sy seun Salomo het in sy plek regeer.
29 Alles wat in koning Dawid se regering gebeur het, van die begin tot die einde, is opgeteken in Die gedenkskrif van Samuel die siener, Die gedenkskrif van Natan die profeet en Die gedenkskrif van Gad die siener.
30 Hierdie verslae sluit al die magtige dade van sy regering in en alles wat met hom en Israel en die omliggende volke gebeur het.