17 Maar die vrou hét swanger geword. ’n Jaar later het sy ’n seun in die wêreld gebring net soos Elisa vir haar gesê het.
18 Toe die kind groter geword het, het hy op ’n keer na sy pa toe gegaan waar hy en die werkers besig was om te oes.
19 Skielik roep hy: “My kop! My kop!”Sy pa sê toe vir een van die werkers: “Dra hom na sy ma toe.”
20 Die dienaar het hom huis toe ge-neem en sy ma het hom op haar skoot vasgehou. Teen die middag het hy egter gesterf.
21 Sy dra hom toe boontoe en lê hom op die bed van die man van God neer, gaan uit en trek die deur toe.
22 Toe roep sy haar man en vra: “Stuur tog een van die werkers en ’n donkie sodat ek na die man van God toe kan gaan en gou weer kan terugkom.”
23 “Hoekom wil jy dan vandag gaan?” wil hy weet. “Dit is tog nie ’n Nuwemaanfees of ’n Sabbat nie!”Maar sy sê: “Alles is reg.”